Thursday, December 3, 2015

Suid-Afrika onder blanke beheer was ‘n reus in 1988

In 1988 het ‘n Duitser in boekvorm uitgegee hoe die Wit reus van Afrika in werklikheid gelyk het.

Ons en die wereld is ‘n rat voor die oë gedraai:

Kyk na die feite (verwysing 1988 tensy anders aangetoon):

In 1972 besit swartes in SA 360 000 voertuie. (Meer as al die swart state van Afrika saam)

Die maandelikse inkomste van swartes per kop in 1988 is R352/maand teenoor Malawi en Mosambiek met minder as R20 per maand.

In 1988 kon swart burgers ‘n ingewikkelde hartklepoperasie vir net meer as $1 ondergaan terwyl swart Amerikaners $15,000 moet betaal. In een Pretoriase hospitaal word tussen 2,000 en 3,000 van hierdie operasies per jaar gedoen.

In 1970 verdien swart arbeiders R1,751 miljoen of 25,5% van die totale loongelde in SA wat styg tot R17 ,238 miljoen in 1984 (1000% groei) en 32,3% van totale lone in SA. In die 1986/1987-boekjaar betaal blankes R9,000 miljoen belasting en die swartes R171 miljoen, Indiërs R257 miljoen en kleurlinge R315 miljoen.

Tussen 1962 en 1972 betaal die VN aan onderontwikkelde lande $298 miljoen teenoor SA wat $558 miljoen bestee aan die ontwikkeling van sy swart gebiede.

Die begrotingsbedrag vir swart onderwys styg jaarliks vanaf 1970 met bykans 30% meer as enige ander staatsdepartement.

Van 1955 tot 1984 styg die aantal swart skoliere van 35,000 tot 1,096,000 dws een-en-dertigvoudig. In 1988 kan van die volwasse swart bevolking 71% lees en skryf teenoor 47% in Kenia, 38% in Egipte, 34% in Nigerië. Daar word gemiddeld deur die jaar 15 nuwe klaskamers per werksdag vir swart skoliere gebou.

In 1985 was daar 42,000 swart studente aan SA universiteite ingeskryf.

Daar is 5 swart universiteite en 28 inrigtings vir hoër onderwys wat deur die regering gefinansier word.

Soweto met sy bevolking van 1,2 miljoen het 5 moderne sportstadions teenoor Pretoria met sy 600,000 blankes wat 3 het. Soweto het 365 skole teenoor Pretoria se 229. In Soweto in 1978 is daar 115 sokkervelde, 3 rugbyvelde, 4 atletiekbane, 11 krieketvelde, 2 gholfbane, 47 tennisbane, 7 swembaddens, 5 rolbalsale, 81 korfbalvelde, 39 kinderspeelparke en tallose gemeenskapsale, bioskope en klubhuise.

In Soweto in 1978 is daar 300 kerke, 365 skole, 2 technikons, 8 klinieke, 63 kindertuine, 11 poskantore en sy eie vrugte-en-groentemark.

In Soweto bou die blanke regering ‘n reuse hospitaal Baragwanath met 3,000 beddens. Een van die grootste en modernste ter wêreld.

Sy 23 operasieteaters is voorsien van die beste toerusting wat geld kan koop.

Hier word swartes teen ‘n nominale koste van R2 vir ‘n onbeperkte tydperk behandel, opereer en kan herstel met die onderhoudskoste gedra deur blanke belastingbetalers en dit beloop meer as die Verenigde Nasies se kleinste lidlande se totale staatshuishouding.

Die hospitaal het 8,000 mense in diens waarvan 450 voltydse dokters wat jaarliks 112,000 binnepasiënte en 1,62 miljoen buitepasiënte behandel. 90% van die bloed word deur blankes geskenk.

In 1982 is nie minder nie as 898 hartoperasies hier gedoen.

Langs die Baragwantha-hospitaal is die St. John-oogkliniek, wêreldberoemd weens die behandeling van gloukoom, losgaande retinas, traumatiese oogbeserings en seldsame tropiese siektes.

Daar is in Soweto meer as 2,300 geregistreerde firmas, 1,000 taxi-ondernemers en 50,000 motoreienaars.

Dr Kenneth Walker, ‘n Kanadese arts, besoek Soweto en meld die volgende waarnemings:

*         Hy sien verskeie huise wat meer as R100,000 sou kos om te bou met verskeie BMW’s voor die deur.

*         Net 2% van die huise is krotte met die res wat netjiese geboue met grasperke is. As hy moes kies tussen die vervalle woonstelle van New York, Detroit of Chicago dan bly hy eerder in Soweto.

*         Hy word veel eerder siek in Soweto as in sommige Kanadese stede.

*         Hy sê die stad het meer skole, kerke, motors, taxi’s en sportvelde as menige onafhanklike Afrikastate.

Die regering bou 5,000 huise per maand en stel wonings beskikbaar aan 92% swartes.

In 1978 bou die SA regering ‘n hoogs moderne hospital MEDUNSA op die grens van die onafhanklike staat Bophuthatswana teen R70 miljoen op 35 ha. In hierdie “stad”-in-die-kleine is daar woon- en slaapgeriewe vir manlike en vroulike studente waar swart dokters, tandartse, veeartse en para-mediese personeel opgelei word. Dit is die enigste gespesialiseerde universiteit van sy soort in Afrika en een van die weiniges in die wêreld gefinansier deur blanke belastingbetalers tot voordeel van uitsluitlik swartes. Feitlik alle studente wat hoofsaaklik uit die nasionale swart state kom se koste word deur die blanke regering gedra.

Die praktiese opleiding vind in die nabygelee Garankuwa-hospitaal plaas waar die hele spektrum van menslike kwale behandel word.

Garankuwa het fasiliteite vir nieroorplantings, isotope-eenhede, met gespesialiseerde laboratoriums waar 200 dokters jaarliks prakties opgelei word.

Sien die nakomelinge van die Boerepioniere – die blanke Afrikaners soos ons onsself noem het binne 300 jaar aan die suidpunt van Afrika ‘n modelstaat gebou met ‘n bykans Europese karakter en die grootste ekonomiese en militêre mag in Afrika. Doer ver onder aan die suidpunt die verste weg van al die Afrikastate vanaf die model Europa. Met Europa net om die draai van Noord-Afrika.

SA se ekonomiese betekenis vir die lande suid van die ewenaar is so groot dat sou SA verdwyn, sterf miljoene in buurlande van die honger.

In 1985 is daar 37 diesellokomotiewe, 40 stoomlokomotiewe aan buurlande geleen waar daar daagliks 6195 SAVD-goederewaens loop teenoor 944 in SA self.

SA lei die bemannings op vir die lugrederye van Swaziland, Botswana, Zimbabwe, Zaïre en die Comores.

In 1979 toe die treinverkeer na die Malawiese hoofstad Lilongwe deur rebelle onderbreek is, lewer die SA transportvliegtuie brandstof in dromme af om hulle ekonomie aan die gang te hou.

In 1986 besoek 80 000 swart sakemanne uit Afrika Kaapstad om handelstransaksies te beklink.

SA voorsien in die graanbehoeftes van sy buurlande en wyer. In 1980 ontvang Zambië 250 000 ton mielies, Mosambiek 150 000 ton mielies en 50 000 ton koring, Kenia 128 000 ton mielies en Zimbabwe 100 000 ton. Verder ontvang ook Angola, Ivoorkus, Malawi, Mauritius, Tanzanië en Zaïre SA graan. Minstens 12 state van Afrika is volgens die “Argus African News Service” so afhanklik van SA graan dat ‘n totale verbod op in- en uitvoer hulle ekonomies sal vernietig.

Ongeveer die helfte van Lesotho se manlike bevolking werk in SA, nl. 146 000 in 1983 en verdien R280,6 miljoen wat ongeveer die helfte van Lesotho se staatskas uitmaak.

In die sestigerjare tree 53 staatsamptenare van SA in raadgewende hoedanigheid in ons buurlande op nl. Lesotho, Malawi, Swaziland, Mosambiek en Botswana.

In 1983 stel SA 1 213 raadgewers beskibaar vir ‘n onbepaalde tyd aan die 4 tuislande.

In die 1982/83 boekjaar begroot SA vir R434 miljoen se hulp aan sy onafhanklike buurstate.

As mens die ontwikkelingsprogram vir die selfregerende state binne SA byreken, beloop die blanke belastingbetalers van SA se hulp mee as R1 miljard. Per kop gereken ‘n absolute wereldrekord.

SA produseer meer elektriese energie as Italië, net soveel ru-staal as Frankryk, meer koring as Kanada, meer wol as die VSA, meer wyn as Griekeland en meer vis as Groot Brittanje.

SA treine loop op meer spoorlyne as Wes-Duitsland s’n, vervoer meer passasiers as Switserland, het ‘n beter stiptelikheidsrekord as Oostenryk, en voer motoronderdele uit na 100 lande.

SA myne boor tot die diepte van 3,480 meter en hou die rekord vir die diepste loodregte skag nl. 2 498m diep in van die hardste rots ter wêreld.

SASOL staan aan die voorpunt van brandstoftegnologie uit steenkool en deel hul kennis met Duitsland, die VSA en Japan.

Die nakomelinge van die eerste blanke intrekkers asook latere Britse, Duitse, Portugese, Nederlandse, Franse en Griekse immigrante beloop tans 4,8 miljoen en het aan die suidpunt van Afrika ‘n supermoondheid geword.

Hervorming deur die afskaffing van verbode toegang vir nie-blankes vind voortdurend plaas. Treintoegang 1985, bioskope 1985, gemengde huwelike 1985, ens.

PW Botha die president se woorde: “Hoe meer hervorming ons deurvoer, hoe meer word ons verdoem. Hoe meer ons wegbeweeg van apartheid des te woedender word die internasionale kampanje teen ons…”

Ons word aangekla deur die wêreld dat ons ‘n polisiestaat is:

In SA is 1,4 polisiemanne vir elke 1,000 mense terwyl die wêreld soos volg lyk: Groot Brittanje 2,2, Israel 3,5, New York 4,3, en Moskou 10 per 1000. In SA is daar 16,292 Blanke polisiemanne teenoor 19,177 nie-blankes.

Ons word daarvan aangekla dat ons politieke ootreders vermoor:

In 1979-1980 is daatr géén sterfgeval in SA tronke nie. In die vorige 10 jaar sterf daar 37 wat in ondersoekarres is teenoor 274 in dieselfde tydperk in Wallis en Engeland.

Ons word aangekla dat ons hongerlone betaal:

In 1974 is die gemiddelde maandelikse inkomste van swart arbeiders in SA $127 teenoor die $140 van die VSA wat die rykste land ter wêreld is, ‘n kortkop agter.

In 1988 vergelyk ons lone soos volg: 1kg rys in Johannesburg verteenwoordig 12 minute se loon teenoor 54 minute in Moskou. 750ml plantolie: 38 minute in SA teenoor 118 minute in Moskou. Dit is ‘n swart werker in SA teenoor ‘n blanke in Moskou.

Ons word aangekla dat ons duisende politieke gevangenes opsluit:
In 1983 is daar 127 sulke gevangenes in SA asook 11 wie se bewegings beperk is en verder 32 in huisarres.

Ons land: “Die skatkamer van die wêreld” is gesteel.

Dink weer voor jy jouself ‘n lojale ondersteuner van die vernietigende nuwe SA noem.
 

No comments:

Post a Comment