Friday, September 11, 2026

Dr. Ferdi Hartzenberg was ‘n sleutelrolspeler in die IDASA-komplot om 'n "vreedsame magsoorname" van die ANC-SAKP in 1994 te bewerkstellig.

 


Dr Ferdi Hartzenberg se betrokkenheid in die IDASA-komplot

tot en met die April’94-Oorgawe-Verkiesing

Dr. Ferdi Hartzenberg was ‘n sleutelrolspeler in die IDASA-komplot om 'n "vreedsame magsoorname" van die ANC-SAKP in 1994 te bewerkstellig.

Hy was 'n uitnemende toepasser van die Huntington-resep ten einde sy regse ondersteuners te bedrieg.

Hoewel nie-deelname aan die April '94-oorgawe-verkiesing entuit sy openbare standpunt was, het hy hom in die geheim en agter die skerms juis vir die plaasvind van dié verkiesing beywer.

Sy naam in die verraderlike "Memorandum van Ooreenkoms tussen die Afrikaner Volksfront en die ANC" op 21 Desember 1993 verklap sy geheime meedoen aan die weggee van ons Vaderland aan Kommuniste, terwyl hy sy ondersteuners laat glo het dat die oorgawe ten alle koste verhoed gaan word.

Van al die politieke "regse" verraaiers vóór 1994 was Ferdi Hartzenberg ongetwyfeld die grootste.

Van sy meelopers was ook ander "regse" leiers, waaronder Pieter en Corné Mulder, Dries Bruwer, Piet Gous, Tom Langley, Willie Snyman, Koos van der Merwe, Daan du Plessis, Casper Uys, Pieter Groenewald... en vele ander.

Nóg van die sleutelrolspelers in die komplot teen ons regses was natuurlik Genls. Constand Viljoen en Tienie Groenewald.

Aan die hoof van IDASA het drs. Frederick van Zyl Slabbert en Alex Boraine gestaan, met prof. Abraham Viljoen, die Generaal se tweelingbroer, as "koördineerder" van die internasionaal befondsde "Conservative Dialogue Programme".

Mag ons volk ons presies vergewis van álles wat in die geheim agter die skerms gebeur het.

Gedurende 1981

Ferdi Hartzenberg, Daan du Plessis, Casper Uys, Koos van der Merwe en Tom Langley ontvang opleiding by Militêre Inligting (MI)

Hul “opleiding” geskied onder andere in die aanwesigheid van die welbekende Amerikaanse politieke navorser, prof. Samuel Huntington.

17 September 1981

Die Amerikaanse professor Samuel Huntington lewer ‘n toespraak by RAU waarin hy “voorskrifte vir hervorming” in Suid-Afrika gee.

Huntington laat sy leringe gepubliseer onder die titel: “Reform in South-Africa”.

Dié “Huntington-resep” vir hervorming in SA kom op die volgende neer:

Fundamenteel is dat so ‘n politieke leier op aandrang sy beleid moet verander.

Dit is essensieel dat so ‘n politieke leier dubbel-slagtigheid, bewimpeling en bedrieglikheid oor sy oogmerke moet gebruik.

Hy moet verskillende boodskappe aan verskillende gehore rig en sy einddoel verberg agter sy onmiddellike gepraat.

Beleidsveranderinge moet in die geheim opgestel word; dit moet onthul word aan ‘n klein groepie leidende figure wie se steun noodsaaklik is vir sukses; dan moet dit op die geleë oomblik dramaties bekend gemaak en steun daarvoor saamgesmee word voordat teenstanders geleentheid het om te mobiliseer om dit teen te gaan.

Laasgenoemde lui in Engels soos volg:

“The proposed reform is drafted in relative secrecy; it is revealed to a small group of political leaders whose support is essential to its success; and then, at an appropriate moment, it is dramatically unveiled, political support for it galvanized and the reform enacted quickly before its opponents can effectively mobilize and organize themselves to stop it.”

20 Maart 1982

Stigting van die Konserwatiewe Party (KP) onder leiding van dr. Andries Treurnicht en dr. Ferdi Hartzenberg.

In ‘n brief aan adv. Jurg Prinsloo, wat beweer dat die KP nooit “na regs baklei het nie”, stel mnr. Jaap Marais dit op 7 Oktober 1996 as volg:

"Om te beweer dat die KP nie “na regs”, dit wil sê teen die HNP sou veg nie, nadat die KP in opposisie tot die HNP gestig is met die doel om die HNP te elimineer, is die soort politieke storie wat vir Rooikappietjies bedoel is.”

1986

Dr. Ferdi Hartzenberg, as onder-leier van die KP, word ‘n maand lank in Amerika gehuisves op onkoste van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake. (“State Department”)

Dié Afrikaner-vyandige “State Department” se een groot doel is:

Suid-Afrika moet onder ‘n Swart regering kom.

Só is deur Chester Crocker en Henry Kissinger luidrugtig verkondig.

1988

Mnr. Koos van der Merwe, KP-LP vir Overvaal, word soos Hartzenberg vantevore op dergelike wyse deur die Afrikaner-vyandige “State Department” in Amerika vergas. (afgerig?)

1989

Mnr. Koos van der Merwe en dr. Willie Snyman word deur die Amerikaanse “Aspen Institute” na Bermuda genooi om saam met ál die linkse groepe in SA samesprekings te voer.

Die linkse groepe het naas die NP bestaan uit: die PFP (nou DA), die Black Sash, die Komitee van Tien van Soweto, die UDF en die ANC.

Wat maak die KP-LP’s in dié linkse geselskap by ‘n opsigtelike geknoei teen Suid-Afrika se Blankes?

Januarie 1992

Die CONSERVATIVE DIALOGUE PROGRAM (CDP) word deur IDASA in die lewe geroep:

Loodskomitee:

Dr. F van Zyl Slabbert, Mnr. Jurgen Kögl, Prof. Braam Viljoen, Mnr. Ivor Jenkins

Sekretaris van die Loodskomitee / Koördineerder van die CDP

Prof. Braam [Abraham] Viljoen.

IDASA se CDP (gesprekke met “regse” Afrikaner-leiers) is met groot somme geld gefinansier vanuit die buiteland.

Dokumentêre bewyse dui op die betrokkenheid van die Hollandse, Kanadese, Deense en Britse regerings, terwyl waarskynlik nóg buitelandse moondhede finansiële steun aan hierdie anti-Afrikanergeknoei verleen het.

Die regses moes ten alle koste by die onderhanderlingstafel betrek word, ten einde ‘n geweldlose oordrag van mag vanaf die Blankes na ‘n Swart meerderheidsregering te verseker.

Vir dié doel het Slabbert en Boraine die CDP van stapel gestuur en as “koördineerder” Constand Viljoen se tweeling-broer prof. Abraham Viljoen, ‘n bekende linkse en vertroueling van die ANC-SAKP, met ‘n salaris van R6000 en reistoelaag van R5000 per maand, in diens geneem.

(“Proposed Budget - October 1993 - August 1994”)

Februarie 1992

Abraham Viljoen, koördineerder van die CDP, lewer sy eerste verslag.

Hy voer reeds samesprekings met verskeie KP-LV’s: Dries Bruwer, Piet Gous, Ferdi Hartzenberg (toe nog KP onderleier), Chris de Jager, Daan du Plessis, Daan van der Merwe en Clive Derby Lewis (vlugtig). So-ook met ZB du Toit van Patriot.

Ook in landboukringe met die presidente van die Transvaalse Landbou-unie (TLU) - mnr. Dries Bruwer en Vrystaat Landbou-unie (VLU) - dr. Piet Gous, asook Jan Human (sekretaris van TLU).

“Upcoming events” is:

“ANC/CP high level contact meetings” en

“Free State farmers and Regional ANC leaders discussion meetings…”

Maart 1992

Prof. Abraham Viljoen lewer weer verslag aan die loodskomitee van die CDP:

Dit lui soos volg:

“First of all the need for discretion or even secrecy in whatever reporting is necessary on the project. This do not only relate to reporting within IDASA, but also to media reports on specific issues.

For the time being, the center of activity within the process of post-referendum consideration of political policy and strategy which have a direct bearing on our project, remains the CP caucus in Cape Town.

Possible new strategies may be the following: To make use of the existing structures of the farmers unions.

The two most powerful men in the CP caucus are mr. Dries Bruwer (President of the Transvaal) and dr. Piet Gous (President of the Free State).

We have been able to establish very good contact with them, and now need to implement with their support programmes of action that will have the widest possible reach.”

Dit is duidelik dat deur die goeie kontak en samewerking van mnr. Dries Bruwer en dr. Piet Gous “programmes of action” met die “widest possible reach” geïmplimenteer kon word.

Hieroor skryf Mnr. Marais:

“In terugblik is dit egter onvermydelik om in te sien dat dit dui op die meriete-lose verheffing van militêre pensioenarisse tot politieke leierskap

en op die stigting van die Afrikanervolksfront, as beslissende stappe om regse verset teen De Klerk se volksverraad te smoor

en Afrikaners in goedertrou te laat suig aan die politieke fopspeen van ‘n “volkstaat” wat by vredesonderhandelinge met die ANC-SAKP verkry sou word.”

April 1992

Abraham Viljoen formuleer voortspruitend uit sy Maart-verslag ‘n oorsig van “events” wat oor die afgelope maande plaasgevind het.

Hy noem die volgende:

Samesprekings in Bloemfontein tussen ‘n aantal “selected farmers” en ANC- SAKP hooggeplaasdes.

Deelname aan ‘n “werkswinkel” gereël deur IDASA-OVS ivm “die probleem van herverdeling van grond”.

Offisiële samesprekings tussen die SA Landbou-Unie ten einde ‘n formele ontmoeting op top-vlak met die ANC executive te laat realiseer.

Die byeenbring van twee lede van die ANC-executive en ‘n aantal KP-leiers in die OVS, in die vorm van ‘n “jaguitstappie” en gepaardgaande “evening social”.

Samesprekings is gehou met ‘n amptenaar van die Afrikaner Vryheidstigting (AVstig) met die oog op sy bekendstelling met die ANC Kodesa-afvaardiging en Kodesa-bestuurskomitee, om:

die Afrikaner Vryheidstigting die geleentheid te bied om voorstelle vir ‘n “Afrikaner Volkstaat” te beskryf en te verduidelik, en

deelname by die Kodesa-onderhandelinge van “progressives” in die KP, wat daartoe geneë is, te fasiliteer.

Abraham Viljoen meld dat hy ‘n groot hoeveelheid tyd bestee het deur middel van verskeie kontakte, ten einde vas te stel wat die uitwerking van die Referendum-uitslag op die gemoedere van meeste regses was,

sodat daarvolgens bepaalde strategie-aanpassings in terme van projekte en benaderings gemaak kan word.

Vervolgens noem Viljoen ontmoetings met die volgende persone in hul betrokke hoedanighede:

Hans van der Merwe - alg. Sekr. van die SA Landbou-Unie (SALU)

Prof. Andries Raath - uitvoerende lid van die Afrikaner Vryheidstigting (AVstig)

Mnr. Claasen - KP-uitvoerende beampte in OVS

BG Willemse - KP-Nasionale Raadslid

Johan Hariman - TLU

Johan van der Westhuizen - KP-streeksvoorsitter en voormalige kandidaat (Reitz)

Drie Nampo-amptenare: Dr. Kit le Clus, Giel van Zyl en Boelie Bothma

Koos Botha - KP-Parlementslid

ZB du Toit (twee ontmoetings) - Redakteur van Patriot

Albert Dijkema - bekende Transvaalse boer

Daarop sluit Viljoen af met sy voornemens vir die maand wat voorlê:

Kontak met die KP-koukus

Finaliseer die “projek in verband met die Afrikaner Vryheidstigting (AVstig)”

Bespreek voorsorgmaatreëls met Koos Botha [KP-LP vir Wonderboom] in verband met potensiële weerstand van regses.

Julie 1992

CDP-Verslag deur Abraham Viljoen en Ivor Jenkins aan IDASA:

“We mainly concentrated on political parties, political groupings and agricultural unions.

Significant inroads were made in all of these.”

Dieselfde geld vir “progressive individuals” in die KP (later die AVU).

Augustus 1992

CDP-Verslag deur Abraham Viljoen.

Volgehoue hoëvlak samesprekings met die OVS-Landbou-unie lei tot uitnodiging aan politieke partye, insluitende die ANC!, om hul kongres in Augustus toe te spreek.

Die geleentheid het “goed verloop” en moontlik ‘n “verandering in gesindhede” teweeggebring…

September 1992

Abraham Viljoen verwys in sy Finansiële verslag van die CDP na verskeie ontmoetings en vergaderings wat plaasgevind het sedert Mei tot Augustus.

Die verslag meld ook die oogmerk van elke ontmoeting soos byvoorbeeld:

HDK van der Merwe (KP-kandidaat) - “the effect of the referendum on the ‘conservative movement’.”

Chris de Jager (AVU-Bethal) - “necessity for conservatives to prepare own people for discussions with the ANC.”

Pikkie Coetzee (KP-Middelburg) - “Afrikaners need to be prepared for the realities of the South-African situation.”

Dries Bruwer (KP-Lydenburg / TLU-President) - “planning for the ‘Crisis in Agricultural’ meeting of 24 July…”

Dr. Piet Gous (KP-Parys / VLU-President) - “organised discussions with the ANC in the OVS.”

Andries Beyers (KP-Potchefstroom) - “his election campaign and his views on the role the ‘conservative movement’ could play in the future,”

Koos Botha (LV-onafhanklik) - “report back on meeting arranged on his behalf between ZB du Toit and mr. Cyril Ramaphosa.”

“Lunch meeting in Pretoria with prof. Johan Kinghorn and others on the possibility of setting up an Afrikaner think-tank.”

“Lunch meeting in Pretoria with ZB du Toit, Koos Botha and Koos van der Merwe on their personal futures, and the political options for conservative white South-Africans.”

April 1993

Dr. Ferdi Hartzenberg word KP-leier na die skielike afsterwe van dr. Treurnicht in Maart.

20 April 1993

TLU-gebou Silverton Pretoria

Leiers van regse organisasies vergader om ‘n “Volksfront” te vorm.

Die TLU, KP, VEKOM en TG is die vernaamste partye/organisasies teenwoordig.

Van die KP-parlementslede was Ferdi Hartzenberg, Dries Bruwer en Tom Langley teenwoordig.

2 Mei 1993

Sunday Times voer ‘n onderhoud met genl. Tienie Groenewald in verband met die vergadering van 20 April, as eerste loodsingsvergadering tot stigting van die Afrikaner Volksfront.

Volgens Tienie Groenewald was dié vergadering “the culmination of months of lobbying behind the scenes”.

Met dié maandelange “lobbying behind the scenes” erken genl. Groenewald dat hy agter die skerms gekonkel het, klaarblyklik om sekere “uitgesoekte” Afrikaners “leiers” te laat inkoop in die misleiding tot ‘n volkstaat deur onderhandelinge met die ANC-SAKP.

Verder verklaar hy: “The generals were asked by the Conservative Party politicians to forge an alliance between the squabbling rightwing splinter groups to oppose a future ANC government.”

“Future ANC government” veronderstel bo alle twyfel dat genl. Groenewald se doel nié is om De Klerk te stuit nie!

19 Mei 1993

AMPTELIKE STIGTING VAN DIE “AFRIKANER VOLKSFRONT” (AVF)

Dr. Ferdi Hartzenberg word as leier aangewys.

Die HNP-Volksfront inisiatief is hiermee finaal gekaap.

Die “Groenewald-Viljoen-Hartzenberg-Volksfront” is volledig in die hande van IDASA.

Die uitgesproke openbare standpunt (wat radikaal verskil van hul GEHEIME doelstelling) is dat daar nié met die ANC-SAKP onderhandel sal word nie.

Die geheime doelstelling van die AVF-leiers is egter om De Klerk nié te stuit nie, maar onderhandelde “vrede” met die ANC-SAKP te sluit en soveel moontlik Afrikaners aan die “demokratiese verkiesing” te laat deelneem.

Mnr. Marais skryf reeds op 15 Maart 1994 van die stigting van die AVF:

“They wanted an umbrella organisation in overall control of the rightwing in order to impose their agenda on the right, which was not to obstruct De Klerk, but to get a negotiated peace with the ANC-SAKP…

They only wanted to get involved in issues about constitution-writing, which meant that they were only interested in joining the Government and the ANC-SACP at the negotiation table.”

Die HNP was die enigste regse groepering by die vergadering van 20 April wat hom nie by dié bedrog laat betrek het nie.

Maar in April 1996 was die Afrikaner Volksfront se bestaan iets van die verlede en berig Die Afrikaner:

“Dié front het in Mei 1993 tot stand gekom.

Die dae van sy jare was dus skaars driemaal 365.

Dié kortstondigheid van bestaan op die volksakker stel dit gelyk met ‘n een-seisoen-onkruid.

Dit kon ook nie anders nie, want die AVF is ontvang en gebore in bedrog.

Sy hoofdoel was om volgens die kommunistiese agenda die Afrikaners se verraad af te wentel na vredesonderhandelings met die Kommuniste, en sodoende geweldadige verset voor die April 1994-verkiesing uit te skakel.

Aan dié doel het dié front volkome beantwoord…

Die Afrikaners het nie ‘n sweem van ‘n greintjie voordeel uit dié front gekry nie.

Hulle het net valse hoop, verydelde verwagtinge en politieke vernedering uit dié front gekry.

Die Kommuniste, daarenteen, het alles gekry wat hulle nodig gehad het - Afrikaners wat in goedertrou hulle skaar onder "leiers" wat verskuilde agendas het en wat in plaas van Afrikaners op te vorder tot verset, hulle onder valse voorwendsels na politieke slagpale lei…”

Net soos die Konserwatiewe Party (KP) het die Afrikaner Volksfront van die toneel verdwyn sodra sy doel bereik was – albei organisasies was gereedskapstukke in die hand van Nasionale Intelligensie wat moes help verseker dat die verraad van die Nasionale Party – om die politieke mag van die Blankes te vernietig – tot volle uitvoering gebring kon word.

Toe dit afgedaan was het albei magtige organisasies soos mis voor die son verdwyn…

1993 

Dr. Ferdi Hartzenberg word aangewys as “Burgerlike leier” van die Boerekrisisaksie (BKA).

Genl. Constand Viljoen word aangewys as “Militêre leier” van die BKA.

Dit geskied deur bemiddeling van die “Landbou-leiers”, Bruwer en Gous.

12 Augustus 1993

GEHEIME SAMESPREKINGS TUSSEN ANC-SAKP EN AVF BEGIN

Plek van ontmoeting: Mandela se huis in Houghton, Johannesburg.

Die “generaals” Viljoen, Groenewald en Koos Bischoff, ontmoet Mandela en Mbeki onder bemiddeling van prof. Abraham Viljoen en Carl Niehaus.

Volgens genl. Viljoen se latere erkenning (25 Maart 2001) was Joe Modise (aanvoerder van MK) en Joe Nhlanhla (hoof van MK Intelligensie) ook teenwoordig.

Die samesprekings vind in uiterste geheimhouding plaas.

In "Tomorrow is another country" bevestig Allister Sparks bogenoemde ontmoeting op p.202: “Now as the Volksfront generals decided to make contact with the ANC, Constand Viljoen tuned to his twin to help facilitate the meetings.”

Ses weke later op 24 September verskyn hieroor ‘n berig in Christian Science Monitor, ‘n VSA-koerant, wat deur die HNP na vore gebring en wêreldkundig gemaak word.

Daarna is genl. Viljoen en Thabo Mbeki verplig om dié ontmoeting(s) in die openbaar te bevestig, terwyl Viljoen en Hartzenberg op 29 September ‘n AVF-Gesamentlike Verklaring uitreik dat onderhandelinge “onmiddellik beëindig” sou word.

Dit was slegs oëverblindery.

Die geheime samesprekings is opgevolg met verskeie verdere ontmoetings.

‘n Veelseggende opsomming van die AVF-onderhandelinge met die ANC-SAKP is in ‘n ongedateerde verslag in Afrikaans vervat:

“Thabo Mbeki het by Mandela oorgeneem, en sy span het bestaan uit die vredemaker Jacob Zuma, Joe Modise, Joe Nhlanhla, Tomazile Botha en Penuel Meduna [drie van die vyf Kommuniste]…

Inisieël het die Volksfront-afvaardiging bestaan uit die drie generaals.

En die strategiese besprekings het in streng geheimhouding plaasgevind.

Later het die landbouleiers bygekom.

Na die vyfde ontmoeting is die proses openbaar gemaak en het die politici ook bygekom.

Die groep het bestaan uit die Mulder broers, Pieter en Corné, Tom Langley, die kaart tekenaar Koos Reyneke, die boere van die Transvaalse en Vrystaatse Landbou-unies, Piet Gous en Dries Bruwer, en, teen die einde, dr. Willie Snyman, ondervoorsitter van die KP.”

Ons sien dus dat verskeie ontmoetings plaasgevind het waarin Dries Bruwer, Piet Gous, Pieter Mulder, Corné Mulder, Tom Langley en Koos Reyneke saam met “die generaals” as verteenoordigers van die Afrikaner Volksfront met die ANC-SAKP onderhandel het.

Aan die einde het ook die KP-ondervoorsitter, dr. Willie Snyman, tot die geheime onderhandelinge toegetree.

Met die bekendmaking van die inhoud van die Afrikaner Akkoord blyk dit dat dr. Ferdi Hartzenberg, ten spyte van heftige ontkennings en sterk openbare uitsprake téén gesprekke met terroriste, óók aan die onderhandelinge deelgeneem het - hy word by name genoem (punt 2.4) in die “Memorandum of Agreement between the ANC and the Afrikaner-Volksfront”.

By ‘n hoogs geheime ontmoeting met Mandela en Mbeki op 3 Desember 1993 aan huis van Jurgen Kögl van IDASA in Johannesburg, het Hartzenberg selfs aan die leiding van ‘n KP-afvaardiging gestaan, soos berig in Sunday Independent, 25 Maart 2001.

Terwyl dié “regse leiers” besig was met geheime onderhandelinge met die Kommuniste het genl. Viljoen in die een openbare toespraak na die ander voor regse gehore met geweld gedreig en aan sy toehoorders die versekering gegee dat daar nie toegelaat sou word dat die ANC-SAKP die land oorneem sonder dat dit met wapengeweld deur die AVF teengestaan sou word nie.

26 Augustus 1993

GEHEIME SAMESPREKINGS TUSSEN ANC-SAKP EN AVF (2de ontmoeting)

Die plek van ontmoeting: Duiweklub in Lynnwood Pretoria.

Onderhandelaars: AVF - Genl. Viljoen, Dries Bruwer en Piet Gous.

ANC-SAKP - Thabo Mbeki en Jacob Zuma

9 September 1993

GEHEIME SAMESPREKINGS TUSSEN ANC-SAKP EN AVF (3de ontmoeting)

Die plek van ontmoeting: Waterkloof Pretoria

Onderhandelaars: AVF - genl. Viljoen, genl. Groenewald, Bruwer en Gous

ANC-SAKP - Mbeki, Zuma en Nhlanhla

Oktober 1993

Genl. Constand Viljoen, mnr. Dries Bruwer en dr. Piet Gous het ‘n ontmoetting in hoogste geheimhouding, by ‘n duiweklub in Pretoria, met Jacob Zuma en Thabo Mbeki.

Volgens mnr. Bruwer se latere erkenning (November 1997) het dié ontmoeting by die duiweklub verhoed dat die land “in vlamme opgaan”, aangesien hulle daar tot ‘n ooreenkoms met die ANC geraak het dat ‘n blanke opstand gekeer sou word, op voorwaarde dat boere se grondbesit eerbiedig word.

Volgens dr. Gous se bekentenis (Oktober/November 1997) het die “Ooreenkoms met die ANC oor ‘n Volkstaat”, ook tydens die duiweklub-ontmoeting sy beslag gekry. Niks is egter op skrif gestel nie. Daarvolgens sou die Afrikanervolk sy “selfbeskikkingsreg” kon debatteer in ‘n "Volkstaatraad" wat ná die verkiesing tot stand gebring sal word.

14 September 1993

Versoek om finansiële steun vir die CDP word gerig deur dr. Frederik Van Zyl Slabbert (Stigter van IDASA en Voorsitter van die CDP) aan dr. Hans Daerr in Bonn, Duitsland.

In hierdie brief skets Van Zyl Slabbert die aard, die werking en die oogmerk van die CDP as internasionale komplot teen die Afrikanervolk.

Die doel, werkswyse en hoofrolspelers word in ‘n neutedop aangetoon:

“Let me assure you that the project is of critical importance in avoiding bloodshed in South-Africa and promoting effective negotiations.”

Project Purpose:

“To promote and sustain dialogue between the centre-right, i.e.

Die Afrikaner Volksfront and the ANC.”

Most Likely Persons Involved:

“Afrikaner Volksfront – General Constand Viljoen, General Tienie Groenewald, General C [Kobus] Visser, Dr. Piet Gouws, Mr. B[D] Bruwer

ANC - Mr Thabo Mbeki, Mr Jacob Zuma, and Mr Mdadla.”

Steering Committee:

Dr F van Zyl Slabbert, Mr Jurgen Kögl, Prof Braam Viljoen,

Mr Ivor Jenkins

Secretary of Steering Committee:

Prof Braam [Abraham] Viljoen.

Operational Plan:

A number of workshops, summits and bilateral communications

which will involve a certain amount of travel.

Likely Outcome of Project:

Hopefully to –

a)Reduce the potential for violent confrontation.

b)Reach some constitutional compromise between

Die Afrikaner Volksfront and the ANC;

c)Persuade Die Afrikaner Volksfront to support and participate in the forthcoming elections.”

24 September 1993

Die VSA-koerant Christian Science Monitor berig van die geheime onderhandeling tussen genl. Viljoen en die ANC op 12 Augustus.

Die berig het onder andere gelui:

“The African National Congress and the main group representing right wing Afrikaners have reached an accord…

a pledge from the AVF that right wing Afrikaners will take part in the election for a Constituent Assembly on condition that their demand for a semi-autonomous Afrikaner homeland is acknowledged in the interim Constitution…

The proposed homeland, which accounts for 16 percent of the country is hotly contested by some of the right-wing groups.”

Kragtens dié berig beloof Viljoen namens die AVF toe reeds:

om teëstand (geweld) van regs teen die verkiesing te verhoed en

om die Volksfront te beweeg om aan die verkiesing deel te neem.

In ruil daarvoor: ‘n “semi-outonome Afrikaner Volkstaat”.

Nadat die HNP die berig in die VSA van die geheime onderhandelinge tussen die AVF en die ANC op die lappe bring, is Viljoen en Mbeki genoodsaak om die geheime samesprekings van 12 Augustus in die openbaar te bevestig… tot groot verleentheid van die Afrikaner Volksfront-lede.

Dit lei tot ‘n AVF-Gesamentlike Verklaring deur Hartzenberg en Viljoen op 29 September.

29 September 1993

‘n AVF-Gesamentlike Verklaring word uitgereik deur Hartzenberg en Viljoen na aanleiding van die berig in Christian Science Monitor (VSA) op 24 September in verband met die geheime onderhandelinge van genl. Viljoen met die ANC-SAKP op 12 Augustus en vele ongelukkigheid en vrae daaroor in AVF geledere.

Die “verklaring” is om die minste te sê ontwykend.

Tersaaklike aanhalings is die volgende:

“Die AVF voer op openhartige en verantwoordelike wyse gesprekke met die De Klerk-regering.” (wat geensins ter sake is nie)

“In die meer onlangse verlede het die Direktoraat: Volksmobilisasie ook op versoek van die ANC oor dieselfde aangeleenthede gesprekke gevoer met die ANC.”

Dit is ‘n openbare erkenning dat, téén die uitdruklike beleid van die AVF, met die ANC onderhandel is!

Tog word dit só gestel dat dit moet blyk dat die Direktoraat Mobilisasie (DM) so per abuis met die ANC gaan praat het en dus nié eintlik die AVF nie.

Het Hartzenberg en Viljoen gehoop dat hul lede nie sou wéét dat die DM die “generaals” is, wat grootliks aan die stuur van die AVF staan nie?

Oor die beloftes (wat deur die HNP na vore gebring is) wat Viljoen volgens Christian Science Monitor aan die ANC gemaak het, naamlik:

om teëstand (geweld) van regs teen die verkiesing te verhoed en

om die Volksfront te beweeg om aan die verkiesing deel te neem

word in dié Gesamentlike Verklaring van Viljoen en Hartzenberg nie ‘n woord gerep nie.

Dit is duidelik dat Hartzenberg Viljoen probeer beskerm het.

Nietemin lui Viljoen en Hartzenberg se misleidende verklaring ten slotte:

“Die AVF gevolglik nou bekend maak dat die gesprekke met die regering en die ANC onmiddellik beëindig word.”

1 Oktober en 22 Oktober 1993

Patriot berig:

“Hartzenberg verklaar: UOR spel oorlog.”

“Genl. Viljoen verklaar: Stel UOR in en dis oorlog.”

En toe die Uitvoerende-Oorgangsraad (UOR) in Desember ingestel word verroer nóg Hartzenberg nóg Viljoen ‘n vinger om die volk op te roep om selfs net protesaksies te onderneem.

Hul dreigemente was louter bedrog.

18,19 November 1993

Geheime samesprekings (op koste van IDASA) tussen genl. Viljoen en 20 AVF-KP-leiers met die ANC-SAKP by Farm Inn buite Pretoria.

Genl. Viljoen hou tydens dié geleentheid tydens sy toespraak ‘n ondertekende verklaring van die Afrikaner Volksfront voor,

waarin die Afrikaner Volksfront die volgende teenoor die ANC-SAKP onderneem:

“We therefore suggest that:

a.On the part of the AVF we undertake to encourage the parties to participate in the process leading up to the Universal Election and in the Election itself with a view of (sic) actively promoting the successful transition to a system of democratic rule in the whole of South-Africa, as well as in all measures to be undertaken to ensure greater stability and peace in all communities, in the reconstruction of the economy and in the establishment of the rule of law and the protection of universal human rights for all citizens.

b.That we actively involve ourselves in the process of constitutional development.

c.That while maintaining our cultural pride and group values we pursue the ideal of loyalty to the larger whole of South-Africa.

d.…

e.Whereas freedom is a most cherished and historic value to the Afrikaner and is in their perception closely linked to land and governmental control and whereas we find it inconceivable at this moment in time to buy into a system where we as a minority group will in the future dispensation in effect be governed by a elected majority government which, even if they are fellow South Africans, may not share in our peculiar value systems and preferences. We therefore request the support of the ANC as one of the strong political groupings in the immediate future to establish in conjunction with the effected groups a specially demarcated region for the Afrikaners where they can establish through majority rule in the region a Volkstaat which can become the symbolic home for the Afrikaners inside and outside the reign much as the state of Israel has become a symbolic home for the Jews even in the diaspora.”

Hieruit is dit volkome duidelik wat genl. Constand Viljoen en die 20 AVF-KP’s wat dié onderneming aan die ANC-SAKP by Farm-Inn onderteken het, agter die rug van hul ondersteuners, in die mou gevoer het:

Ál die geheime “onderhandelinge” vanaf 12 Augustus met Mandela, Mbeki, Zuma en andere, was ‘n geknoei en gekonkel met diegene aan wie die ganse land sonder slag of stoot op ‘n skinkbord oorhandig gaan word,

om maar asseblief ‘n stukkie volkstaat aan die Afrikanervolk, wat maar eintlik net ‘n klein “minderheidsgroep” is, wat asseblief graag iewers ‘n simboliese “vaderland” sal wil hê…

ás die ANC (die terroriste-organisasie wat met Russiese en Cubaanse wapens in 20 jaar nie ‘n veldslag teen die Afrikanerseuns kon wen nie), wat die grootste politieke groepering van die “nuwe bedeling” gáán wees, so “vriendelik” sal wees om aan hulle dié spoegspatsel van hul totale eiendom te gun…

Hoe skaam moet ons nie kry dat súlke “leiers” hulle as “verteenwoordigers” van ons Afrikanervolk voorgedoen het nie!

Hierdie ondertekende “verklaring” van die 20 Afrikaner Volksfront-Konserwatiewe Party-“leiers”, as ‘n onderneming aan ons vyande, was verraad teen die Afrikanervolk soos in sy ganse geskiedenis sy gelyke nie gevind word nie.

Dr. Pieter Mulder “spog” in sy boek Kan Afrikaners toyi-toyi? met dié geheime ontmoeting met die ANC-SAKP by Farm Inn.

3 Desember 1993

‘n Hoogs geheime ontmoeting vind plaas tussen genl. Constand Viljoen, dr. Ferdi Hartzenberg, dr. Willie Snyman, en drs. Pieter en Corné Mulder met Mandela en Mbeki aan huis van Jurgen Kögl van IDASA in Johannesburg.

Hieroor berig Die Afrikaner (6-12 April, 2001), kort na die bekentenis deur genl. Constand Viljoen aan Max du Preez van Sunday Independent (25 Maart 2001), soos volg:

“Opspraakwekkende getuienis deur genl. Constand Viljoen oor die rol wat dr. Ferdi Hartzenberg in die IDASA-komplot gespeel het, is in die Sunday Independent van 25 Maart 2001 onthul.

Waar daar nog deurgaans deur dr. Hartzenberg ontken is dat hy enigiets met die komplot te make gehad het, en nie met die ANC onderhandel het nie, bewys genl. Viljoen die teendeel…

So meld hy [genl. Viljoen] dat dr. Hartzenberg persoonlik aan die leiding van die afvaardiging gestaan het wat op 3 Desember 1993 Nelson Mandela en Thabo Mbeki in Jurgen Kögl se huis in Johannesburg ontmoet het.

Dr. Hartzenberg is vergesel van die gebroeders Mulder, naamlik Pieter en Corné…

Tot dusver was die persepsie dat dr. Hartzenberg nie persoonlik [by onderhandelinge met die ANC-SAKP sedert Augustus1993] betrokke was nie.

Nou het genl. Viljoen aan die lig gebring dat hy [dr. Hartzenberg] minstens op 3 Desember 1993 persoonlik teenwoordig was waar daar samesprekings met Mandela en Mbeki gevoer is.

Sy onder-leier, dr. Willie Snyman, was ook betrokke.”

Hoewel dr. Hartzenberg dus ‘n sterk openbare standpunt ingeneem het téén onderhandelinge met die ANC-SAKP en deelname aan die April-verkiesing, het hy hom agter die skerms presies daarvóór beywer.

8 Maart 1997

Volgens Rapport (9 Maart) ontmoet genl. Constand Viljoen en mede VF-politici die ANC wéér in die geheim, ter wille van “sake van gemeenskaplike belang”:

Die berig lui:

“Die Vryheidsfront en die ANC het gister na indringende samesprekings ooreengekom om werkskomitees te vorm wat voortaan aandag sal gee aan sake van gemeenskaplike belang tussen die twee politieke partye.

Die vertroulike samesprekings het op ‘n geheime plek plaasgevind.

Dit was die eerste formele ontmoeting tussen die VF en die ANC na die afhandeling van die grondwetskrywende proses.

Die Vryheidsfront is onder meer verteenwoordig deur genl. Constand Viljoen, leier van die party, dr. Pieter Mulder, voorsitter van die VF, genl. Tienie Groenewald, dr. Corné Mulder, mnr. Pieter Groenewald en mnr. Dries Bruwer.

Die ANC-afvaardiging het bestaan uit adj. pres. Thabo Mbeki, mnr. Jacob Zuma, voorsitter van die ANC, mnr. Mathew Phosa, premier van Mpumalanga, en mnr. Valli-Moosa, minister van Provinsiale sake en Staatkundige Ontwikkeling…

Dr. Pieter Mulder het by navraag bevestig dat die samesprekings plaasgevind het. Hy wou nie oor die inhoud praat nie, maar bygevoeg dat dit gehandel het oor aktuele sake. Sekere beginselbesluite is geneem…”

Dit was sonder twyfel ‘n voortsetting van die gekonkel vóór die 1994-verkiesing.

Mnr. Marais skryf later hieroor aan mnr. Bruwer (24 Junie 1997):

“die berig bevestig ‘n voortgesette vriendskaplike verhouding tussen die VF en die ANC-SAKP.

U sal sien dat daarin berig word dat daar ‘n geheime samespreking tussen die VF en die ANC-SAKP was oor ‘gemeenskaplike sake’.

Maar baie betekenisvol, die gemeenskaplike sake wat deur u met die ANC-SAKP bespreek is, word geheim gehou. Die boere van Transvaal en ander Afrikaners mag dit nie weet nie.”

21 Desember 1993

“MEMORANDUM OF AGREEMENT BETWEEN THE ANC AND THE AFV”

Dié Memorandum of Agreement is die neerslag van die geheime onderhandelinge tussen die AVF en die ANC-SAKP sedert 12 Augustus.

Hoewel dit hier gefinaliseer is het die ondertekening daarvan, soos beplan, nie plaasgevind nie.

Dié hoogs geheime Memorandum is volledig opgeneem in die sogenaamde Afrikaner Akkoord (Appendix Hoofstuk 3), wat op 23 Maart 1994 tussen die ANC-SAKP, die Vryheidsfront en die NP-regering onderteken is.

Die Afrikaner Akkoord bevestig nogeens die verraad wat, op grond van verskeie IDASA-dokumente wat na 1994 bekend geword het, reeds teen Desember 1996 blootgelê is, maar deur die skuldiges, Bruwer, Gous, Hartzenberg, Viljoen en andere in die openbaar skandelik ontken is.

15 Januarie 1994

Boerekrisisaksie (BKA) vergadering naby Winburg (OVS)

460 BKA-leiers word deur genl. Viljoen en dr. Hartzenberg toegespreek.

In sy toespraak herhaal genl. Viljoen dit drie maal - “die tyd vir optrede is nóú!”

Die boodskap was duidelik!

Die BKA is op ‘n gereedheidsgrondslag “om tot aksie oor te gaan”.

Die BKA moes gereed bly en wag op die bevel…

Daar vind ‘n demonstrasie van gesofistikeerde wapens plaas om die skyn van erns voor te hou.

Maar skaars ‘n maand gelede het genl. Viljoen en sy meelopers reeds die oorgee-ooreenkoms met die ANC beklink!

27 Januarie 1994

Spesiale KP-Dagbestuursvergadering, Kaapland in Kimberley.

(Let op die “Huntington-resep” wat onmiskenbaar toegepas word)

Die vergadering is byeengeroep in verband met die AVF-besluit dat Kaapland uitgesluit word uit die “Volkstaat”.

Mnr. Jan Hoon (voorsitter) omseil die kwessie deur ‘n “resolusie tot deelname aan die verkiesing” aan die KP-Dagbestuur (Kaapland) voor te lê.

Dié “resolusie tot deelname aan die verkiesing” is skynbaar deur die AVF Uitvoerende Raad (UR) geneem en sou op 29 Januarie op die AVF-Volksvergadering in Pretoria voorgelê word.

Willem Botha wys daarop dat Hartzenberg ‘n komitee benoem het om hom te adviseer oor deelname aan die verkiesing. Dié komitee se aanbeveling was “om deel te neem”.

Dié “advieskomitee” het, soos later geblyk, bestaan uit:

genls. Viljoen, Groenewald en Bischoff, asook

die KP-leiers in die vier provinsies: Jan Hoon (Kaapland), Carel Werth (Natal), Abrie Oosthuizen (OVS) en Hartzenberg self (Tvl).

Waarskynlik was Tom Langley en dr. Pieter Mulder ook ingesluit in dié “advieskomitee”.

Die “resolusie”, wat die “advies” van dr. Hartzenberg se komitee bevat, word deur die Kaaplandse dagbestuur eenparig verwerp, met uitsondering van Jan Hoon en Willem Botha.

Later sou dit blyk dat dié “resolusie” tot deelname aan die verkiesing nié deur die volle AVF UR aangeneem was nie, maar slegs deur ‘n aantal bestuurslede van die UR onder “voorsitterskap” van Hartzenberg. Nogeens misleiding en leuens.

Prominente AVF-UR-bestuurslede wat nie daaraan deel gehad het nie moes agterna daartoe “oortuig” word, waaronder mnr. Eugene Terre Blanche.

Rapport (6 Februarie 1994) berig:

“dr Ferdi Hartzenberg en mnr. Eugene Terre Blanche (het) aan Rapport gesê die voorstel vir deelname aan die verkiesing is nooit deur die Volksfront se besluitnemende liggame goedgekeur nie.”

“Volgens Tienie Groenewald is die voorstel vir deelname aan die verkiesing en die daarstel van ‘n Afrikanerkamer van die ANC afkomstig.”

Die betekenis hiervan is:

Hartzenberg het sonder magtiging van die AVF-gesagsliggame, hom agteraf gewend tot sekere AVF-Bestuurslede individueel,

om hulle te oorreed om ‘n voorstel [sogenaamd] afkomstig van die ANC te aanvaar, direk in stryd met die AVF-beleid oor deelname aan die verkiesing,

en dit boonop in die vorm van ‘n “resolusie” (besluit) van die AVF Uitvoerende Raad vervat, onder voorwendsel dat dit deur die volle AVF Uitvoerende Raad aangeneem is.

So iets sou sonder twyfel deur by verre die meerderheid van die AVF Uitvoerende Raad en AVF-ondersteuners verwerp gewees het!

Hierin was dr. Hartzenberg se optrede onmiskenbaar in volle ooreenstemming met die “Huntington-resep”

Hartzenberg se “opleiding” uit die tagtigerjare deur die Amerikaanse politieke “navorser” Samuel Huntington kom hier handig te pas.

Dit kom nogeens na vore waar Hartzenberg in die openbaar in Patriot (18 Februarie 1994) deelname aan die verkiesing beskryf

“as middel om die Afrikanervolk sy vryheid te ontneem.”

maar agteraf was dít presies waarvoor hy hom aktief beywer het!

Dr. CA (Ronnie) van der Merwe (Dagbestuur - Kaapland) het kort nadat hierdie dinge afgespeel het uit die KP en AVF bedank en hom by die HNP gaan voeg.

Op die HNP-Kongres 1997 het dr. Van der Merwe bogenoemde besonderhede verskaf en dokumente voorgelê om dit te staaf.

Mnr. Marais noem bogenoemde in ‘n brief aan dr. Hartzenberg op 14 April 1997 tereg

‘n “verwerplike politieke slenter” deur “Afrikaners deur openbare uitsprake te paai en dan deur plotselinge ommeswaai hulle te uitoorlê deur die teenoorgestelde te doen... u en genl. Viljoen was vas verbind tot die politieke slenter om u ondersteuners teen hulle oortuigings en verwagtings te betrek by die plan van die ANC om Afrikaners aan die verwerplike verkiesing te laat deelneem.”

28 Januarie 1994

KP-Partyraadsvergadering (Kaapland)

Die notule lui:

“Die Kaaplandse Partyraad verwerp die deelname

aan die verkiesing op 27 April.”

Ten spyte daarvan laat mnr. Jan Hoon notuleer dat hy hom

“vir deelname aan hierdie verkiesing sal beywer as die ooreenkoms tussen die onderhandelingspanne van die ANC, die Regering en die AVF deur die Hoofleier aanvaar word.”

Hoon was duidelik ‘n skoothondjie van Hartzenberg.

Klaarblyklik het hy verwys na die geheime “Memorandum van Ooreenkoms tussen die ANC-SAKP en die AVF” van 21 Desember.

Hier het ons dan 'n duidelike bekentenis deur die Kaaplandse leier dat die KP-AVF hoofleiers, waaronder dr. Ferdi Hartzenberg, kliphard met die ANC onderhandel!

29 Januarie 1994

AFRIKANER-VOLKSVERGADERING van 35 000 volksgenote by die Pretoria-Wes Skougronde (Skilpadsaal).

AVF-lede verwag groot aankondiginge deur die “leiers”.

Maar genl. Viljoen probeer die volk aanspoor tot deelname aan die verkiesing!

Hy word doodgeskree en uitgekryt as ‘n verraaier!

Tog was deelname aan die verkiesing veel meer as bloot Viljoen se standpunt - dit was ‘n “AVF-UR-besluit” onder gekonkel en voorsitterskap van Hartzenberg!

Dit is waarom, toe Viljoen deur die skare uit ontsteltenis doodgeskree is, Hartzenberg aan hom gesê het:

“Sit Constand, die mense verstaan hierdie ding nie.”

Dit was duidelik dat Viljoen en Hartzenberg kop in een mus was…

Bogenoemde gebeure vind plaas te midde van veral dr. Hartzenberg se vooraf gekonkel met sekere uitgesoekte AVF-bestuurslede voor 29 Januarie in die daarstel van ‘n sogenaamde “resolusie” tot deelname aan die April-verkiesing wat bedoel was om aan die volk op dié vergadering voorgelê te word.

Vanweë die volk se vasberadenheid tot nie-deelname kon die “resolusie” nie dien nie, maar is afgewater tot ‘n soort mosie om in beginsel aan die verkiesing deel te neem wat vanselfsprekend met minagting verwerp is.

Daarna neem die volksvergadering nogeens sterk standpunt in téén deelname aan die verkiesing!

Nadat die twee “leiers” hulle skynbaar neerlê by die wil van die volk laat Hartzenberg homself insweer as “President van die Oorgangs-Volksraad”, en genl. Viljoen as “Minister van Verdediging”.

Dié “Volksparlement” of “Oorgangs-Volksraad” of “Verteenwoordigende Volksraad”, was skynbaar tevore reeds in die lewe geroep om die Volkstaat-ondersteuners aan hul neuse te lei.

Hieroor skryf mnr. Marais aan dr. Hartzenberg op 14 April 1997:

“Selfs in die manewales van Afrikastate is daar weinig om hierdie klugtigheid te ewenaar.”

Voor 18 Februarie 1994

Die Hoofraad van die KP asook die Oorgangs-Volksraad of Verteenwoordigende Volksraad besluit eenparig téén deelname aan die verkiesing.

Dié besluit is geneem op voorstel van dr. Hartzenberg en gesekondeer deur genl. Tienie Groenewald! 

Mnr. Marais skryf hieroor aan dr. Hartzenberg op 14 April 1997:

“As u saam met Viljoen sou deelgeneem het,

nadat die Hoofraad van die Konserwatiewe Party en die ‘Oorgang-Volksraad’ (op u voorstel, gesekondeer deur Tienie Groenewald!) eenparig teen deelname aan die gewraakte verkiesing van 27 April besluit het… en die Oorgangsvolksraad op 5 Maart 1994 met ‘n meerderheid van 73 teen 20 stemme ook besluit het,

sou ‘n groot deel van die KP-AVF-ondersteuners teen u en Viljoen gedraai het…

Om dit te verhoed, het u dus klaarblyklik met Viljoen ooreengekom dat u nie aan die verkiesing sou deelneem nie, maar hom in sy deelname nie sou bestry nie, vandaar dat u AVF- en KP-ondersteuners vrygelaat het om wel deel te neem, strydig met die eenparige besluit van die KP en die AVF en met die meerderheidsbesluit van die ‘Oorgangs-Volksraad’.

Dat daar wel so ooreenkoms tussen u en genl. Viljoen was, is bevestig deur u optrede toe u ‘n verbod geplaas het op die verspreiding van die uitgawe van Patriot van 18 Maart 1994 waarin genl. Viljoen aangedui is as ‘n NP-man wat in die regse geledere geplant was.”

18 Februarie 1994

Patriot berig misleidend:

Hartzenberg is ten sterkste gekant teen deelname aan die verkiesing

“omdat deelname daaraan die Afrikaner-Boerevolk se vryheid sou vernietig.”

Verskillende datums gedurende hierdie tyd

Verskeie misleidende berigte verskyn in Patriot, soos byvoorbeeld:

“Volkstaat binne veertien dae”

“Pretoria hoofstad van volkstaat”

“Volksleër saamgestel”

“KP sal verkiesing stuit”

“KP sal nuwe regering nie erken”

Die retoriek wat gebruik word is “geweldadige verset teen die verkiesing” en die afdwing van ‘n “volkstaat”.

So is die regse KP-ondersteuners gekondisioneer om ‘n “volkstaat met geweld” te eis.

Hierin bemerk mens duidelik die afwyking in koers (naamlik om ‘n “volkstaat” met geweld te verkry) wat gevolg het nadat daarin geslaag is om ‘n groot gros van die Afrikanervolk van die konstitusionele weg, om die Nasionale Party by die stembus te verslaan en só die verraad te stuit, te laat afsien - ‘n persepsie wat slegs deur die Afrikaner-vyandige pers gevestig kon word.

Die samesweerders in die IDASA-komplot het baie goed geweet dat volgehoue druk op die hou van Blanke verkiesings daartoe sou lei dat die magsoorgawe aan die ANC-SAKP konstitusioneel verhoed sou word.

Gevolglik moes "regse" “Afrikanerleiers daargestel word om die volk van die stembus weg te lei, soos gesien kan word by die stigtingsvergaderings van die Afrikaner Volksfront (20 April en 7 Mei 1993). Die NP-ANC-SAKP moes ten alle koste geweldadige verset verhoed om die “miracle” van ‘n vreedsame oorgang te bewerkstellig.

Viljoen, Hartzenberg en hul meelopers het dié probleem vir hulle opgelos deur in te val by hul agenda deur, namens die AVF, vredesonderhandelings met die Kommuniste aan te knoop en hulle ondersteuners gruwelik te bedrieg!

Hiertoe was sowel dr. Ferdi Hartzenberg as genl. Constand Viljoen sonder twyfel werktuie van die NP-ANC-SAKP, soos hul ganse optrede veral sedert die stigting van die AVF duidelik aantoon.

Hulle het alles presies gedoen wat nodig was om die Kommuniste vreedsaam die land te laat oorneem, kragtens die “Huntington-resep” wat lui:

“…it is of the essence of the reformer that he must employ ambiguity, concealment and deception concerning his goals”.

Die “miracle” van ‘n vreedsame magsoordrag kon slegs verwesenlik word deur die dubbelslagtigheid, bewimpeling en bedrieglikheid van Afrikaner “leiers” soos Hartzenberg en Viljoen.

4 Maart 1994 (Vrydag, net voor spertyd om 20h00)

Genl. Viljoen gaan registreer op die laaste nippertjie, net voor die afsnytyd waarop politieke partye vir die April-verkiesing kon registreer, sy eie politieke party, die “Vryheidsfront” om aan die April-verkiesing deel te neem.

In terme van regulasies het hy ook sy party se logo ingedien.

Kragtens regulasies moes alle partye binne 5 dae ná die sperdatum vir registrasie, dit wil sê vóór Woensdag 9 Maart, hul kandidatelys by die Onafhanklike Verkiesings Owerheid (OVK) inhandig en R70 000 registrasiegeld betaal, ten einde hul registrasie te finaliseer.

Viljoen registreer op die allerlaaste om so lank as moontlik die volk onder die indruk te hou dat hy verbind is tot gewapende verset téén die verkiesing en die oorgawe van mag.

Intussen is genl. Viljoen van plan om so veel as moontlik Afrikaners aan die verkiesing te laat deelneem…

WANT ALLEEN DÁN SAL DIE VOLK NIE KAN SÊ DAT HULLE DIE VERKIESING EN DIE POLITIEKE BESTEL WAT DAARNA TOT STAND KOM VERWERP NIE!

5 Maart 1994 - Saterdag

Eerste sitting van die Volksparlement / Oorgangs-Volksraad van die AVF.

Plek: NG Kerk se Sinodale Sentrum.

Genl. Viljoen dring wéér aan dat die Afrikaner Volksfront aan die April-verkiesing moet deelneem onder die naam van die “Vryheidsfront” wat hy die vorige aand op eie houtjie gaan registreer het.

Hy word met 73 stemme teen 20 afgewys.

Nogeens berus genl. Viljoen oënskynlik (dog na sy gewoonte, bedrieglik) by die besluit van verreweg die meerderheid!

Op grond van dié duidelike besluit tot nie-deelname onderneem genl. Viljoen teenoor die hele vergadering om nié sy party, “Die Vryheidsfront”, die volgende week (voor Woensdag) finaal te registreer deur R70 000 en ‘n kandidatelys by die OVK in te dien nie.

Sodoende sou die registrasie van die “Vryheidsfront” van die vorige aand verval.

Dr. Hartzenberg hou die gerieflike openbare front voor dat hy ten sterkste gekant is téén deelname aan die April-verkiesing, natuurlik kragtens sy “ooreenkoms” met genl. Viljoen.

9 Maart 1994 - Woensdag

Genl. Viljoen registreer op eie houtjie sy “Vryheidsfront” finaal deur ‘n kandidatelys by die OVK in te dien en R70 000 registrasiegeld te betaal.

Dit was slegs vier dae na sy plegtige onderneming aan die Volksparlement / Oorgangs-Volksraad om presies dít nié te doen nie!

Dié onderneming moes hy gee op grond van ‘n meerderheid van 73 teen 20 stemme wat deelname aan die verkiesing verwerp het!

Wat die “Vryheidsfront”-kandidatelys betref bevat die latere verbanne Patriot-uitgawe van 18 Maart die volgende twyfelwekkende inskrywing:

“Genl.-maj. Jan Fourie, wat deur die hendsoppers in hulle regsdokumente [waarskynlik kandidatelys] genoem is as een van die leiers van die nuwe Vryheidsfrontparty wat die volk in die verkiesing wil gaan uitverkoop,

het die KP-leier [dr. Ferdi Hartzenberg] kategories meegedeel dat hy nie deel van die “generaals” se gemors is nie en het hy daarna sy bedanking vanuit die Volksfront en uit die Direktoraat van Generaals aangekondig.

Genl. Fourie het aan Patriot gesê dat hy hom nie met verraad teen die volk ophou nie.”

Duidelik het genl. Viljoen hom met genl.-maj. Jan Fourie op sy “kandidatelys” misgis.

11 Maart 1994 (Vrydag)

BOPHUTHATSWANA-FIASKO

12 Maart 1994 (Saterdag)

Op hierdie dag “ontspan” genl. Viljoen na sy “kuier” die vorige dag in die kantoor van genl. George Meiring, Hoof van die SA Weermag.

Genl. Viljoen het laat blyk…, só is dit deur die media bekend gemaak…, só word dit as ‘n historiese “feit” voorgehou… dat hy skynbaar eers op die oggend van 12 Maart, dit wil sê, die dag ná die Bophuthatswana-fiasko, sy politieke kitsparty, die Vryheidsfront, finaal by die OVK in Kempton Park gaan registreer het.

Soos later blyk uit sy “bekentenis” (25 Maart 2001) poog genl Viljoen om die hele wêreld te laat glo dat hy eers tóé besluit het om tot die verkiesing toe te tree.

Presies dít is deurgaans van verhoë af verkondig:

In ‘n toespraak in Bloemfontein verklaar dr. Cornè Mulder byvoorbeeld:

“Mense wat so maklik van oorlog praat, moet bedink wat het in Bophuthatswana gebeur.

Daar het genl. Viljoen gesien oorlog sal nie werk nie, en het hy besluit om aan die verkiesing deel te neem.”

Dit wil sê: Ten einde homself en sy Vryheidsfront in staat te stel om bogenoemde leuen te kon verkondig, moes genl. Viljoen die valse indruk skep dat die “Bophuthatswana-neerlaag” aan hom geen ander keuse gelaat het as om te gaan registreer vir die verkiesing nie.

Só gebruik hy die valse en gerieflike verskoning van die “mislukte Bophuthatswana-inval” as regverdiging vir die verbreking van sy belofte aan die Volksparlement of Oorgangs-Volksraad die vorige Saterdag, toe hy plegtig onderneem het om nié aan die verkiesing deel te neem nie.

Inderdaad het genl. Viljoen, volgens getuienis, reeds op Woensdag 9 Maart, twee dae vóór Bophuthatswana, sy kandidatelys by die OVK in Kempton Park ingedien, om so finaal vir die April-oorgawe-verkiesing te geregistreer.

Ongetwyfeld pleeg genl. Viljoen juis hiérdeur die allergrootste misleiding, wat veelseggend genoeg deur die linkse media ten volle ondersteun en verder verkondig is,

naamlik dat die ‘mislukte Bophuthatswana-inval’ genl. Viljoen sou genoop het tot deelname aan die verkiesing en hy daarom éérs die oggend van 12 Maart sou besluit het om sy kitsparty, die Vryheidsfront, finaal te gaan registreer.

Wat volkome waar is, is die volgende:

Genl. Viljoen het vooraf gewéét wat in Bophuthatswana gaan gebeur…

Hy was deel van die beplanning.

Dáárom kon hy reeds die Woensdag (of selfs vroeër) sy party by die OVK gaan registreer het,

om dan bedrogvol voor te gee en te verkondig dat hy dit éérs die Saterdag ná Bophuthatswana gedoen het, omdat hy toe sogenaamd “nie ‘n ander keuse” gehad het nie. Dit is skreiend en skandelik!

‘n Berig in Die Afrikaner (18-24 Julie, 1997, bl.3) onder die opskrif: “Constand het twee weke met R70 000 tjek in sy sak rondgeloop” bevestig al die beweringe wat tot hiertoe gemaak is.

Volgens dié berig het mnr. Frikkie Potgieter oor die Volkstaat-poslys oor die internet die volgende te vertel gehad:

“Ek het die debat wat die berigte in Die Afrikaner as leuens uitmaak, met groot belangstelling gevolg.

Ek is nie ‘n lid, of ondersteuner van die HNP nie, maar miskien sal die volgende feite help om te sien wie die waarheid praat:

Net voor 20:00 spertyd om te registreer vir die 1994-verkiesings, het genl. Constand Viljoen opgedaag om vir die April verkiesings te registreer.

In terme van die regulasies het hy ook sy party se logo ingedien.

Almal moes ook 5 dae later op die Woensdag hulle kandidatelys indien.

Die volgende oggend (Saterdag) [5 Maart] het genl. Viljoen die Volksfront se bestuur van sowat 80 [93] lede meegedeel dat hy geregistreer het indien die Volksfront wou gaan stem.

Hy het hulle ook meegedeel dat hy alreeds 2 weke met ‘n tjek in sy sak rondloop om te betaal vir die registrasie.

Die bestuurslede het hom toe onomwonde laat verstaan dat hulle alreeds besluit het om nie te gaan stem nie.

Fred Rundle het opgestaan en die volgende vraag gevra:

‘Generaal, u sê dat u al vir twee weke met ‘n tjek in u sak rondloop om te stem.

U het versuim om die bedrag te noem, maar ek noem vir almal teenwoordig hier dat die bedrag waarmee u rondgeloop het,R70 000 (sewentig duisend Rand) is.

Generaal, sê nou vir ons, wie is so behep om te gaan stem dat hulle vir u R70 000 gegee het?'

Hierdie feite is ook so genotuleer in die vergadering.

Die generaal het toe onderneem om nie sy kandidatelys die volgende Woensdag in te dien nie, wat sodoende sy registrasie sou laat verval.

Al hierdie feite is so genotuleer in die vergadering en is dus kontroleerbaar.

Dae na genl. Viljoen amptelik toe wel sy deelname aan die verkiesing bevestig het daardie Woensdag, was hy in Bop om vir Mangope, wat nie wou gaan stem nie, kastig te gaan help.

Maar hy self het dan al klaar geregistreer om wel te gaan stem.

Hoe kan ‘n man wat wil gaan stem, ‘n ander man wat nie wil gaan stem nie, te hulp snel?

Hy moes dus ‘n ander agenda gehad het in Bop as dié wat hy voorgegee het.

Om sy geloofwaardigheid verder aan te tas, het die kort generaal aan die wêreld oor die media later verkondig dat hy eers besluit het om te gaan stem terwyl hy in die vliegtuig gesit het met sy terugkeer uit Bop!

Hy sê dit nadat hy al klaar amptelik vir die verkiesing geregistreer het…”

18 Maart 1994

Patriot (onder redaksie van mnr. Jaap Theron, wat besef het dat grootskaalse verraad gepleeg is) se hoofberig lui:

“VOLK VERWERP GENERAALS!”

“Die Afrikaner-Boerevolk het nou net mooi genoeg gehad van politieke verraad deur mense met wit velle en nadat genl. Constand Viljoen lynreg teenoor talle beloftes deur hom van nie-deelname aan die gewraakte verkiesing van 27 April, wat die volk slawe sal maak in ‘n Kommunistiese Satansryk, nogtans voorwaardelik [sedert 9 Maart. finaal] op eie houtjie vir die verkiesing gaan registreer het, eis ‘n woedende Afrikaner-Boerevolk die onmiddelike daarstelling van ‘n onafhanklike Volksrepubliek. 

Duisende telefoonoproepe, fakse en briewe het die KP se hoofkantoor en KP-kantore dwarsoor Suid-Afrika bereik waarin die kop van genl. Viljoen en van die ander “generaals” en hulle hendsopper meelopers onvoorwaardelik geëis word.

‘n Beduiwelde Afrikaner-Boerevolk, wat met alle Christelike opregtheid opgesien het en inderdaad alle strategie oorgelaat het aan die “generaals”, verklaar nou in hulle tienduisende hulle gereedheid om sonder die “generaals” met bloed hulle vryheid los te veg… 

Nadat genl. Viljoen voor die volk gesweer het dat geen mag in Afrika sterk genoeg is om die Afrikaner-Boerevolk van ‘n Volksrepubliek voor die gewraakte verkiesing te weerhou nie, [Blank-Suid-Afrika was op daardie stadium, en is de jure nog vandag, die Blanke volk van Suid-Afrika se onafhanklike Volksrepubliek!] en nadat hy ‘n behoorlike loesing op die lyf geloop het op die Volksvergadering van 29 Januarie waar 35000 volksgenote hom doodgeskree het toe hy en sy handjievol meelopers ook eensydig ‘n mosie probeer inglip het om in beginsel aan die gewraakte verkiesing deel te neem, sou mens verwag dat hy ‘n les geleer het.

Sedert daardie middernagtelike eensydige registrasie, op die nag van 5 Maart [4 Maart], het ‘n tydelike verslaentheid oor die Afrikaner-Boerevolk toegesak. ‘Meneer, sê asseblief vir my dat die pers en die TV lieg, want ek kan nie glo wat genl. Viljoen en andere aan ons doen nie’ lui een van die duisende telefoonoproepe na die KP se Hoofkantoor toe. Ander oproepers en groepe vra dat die Volksverteenwoordigende Raad ‘n krygsraad saamstel om die saak te besleg… [Maar die “President” is Ferdi Hartzenberg. Hy sien toe dat niks van dié aard gebeur nie.]

Genl.-maj. Jan Fourie, wat deur die hendsoppers in hulle regsdokumente [waarskynlik kandidatelys] genoem is as een van die leiers van die nuwe Vryheidsfrontparty wat die volk in die verkiesing wil gaan uitverkoop, het die KP-leier [dr. Ferdi Hartzenberg] kategories meegedeel dat hy nie deel van die “generaals” se gemors is nie en het hy daarna sy bedanking vanuit die Volksfront en uit die Direktoraat van Generaals aangekondig. Genl. Fourie het aan Patriot gesê dat hy hom nie met verraad teen die volk ophou nie.

Dwarsoor die land het omgewingsbeskermingsgroepe, wat deur genl. Fourie tot stand gebring is en Boerekommando’s en ander Boereveiligheidsgroepe kennis gegee dat hulle hul nie meer onder die gesag van die “generaals” beskou nie en dat hulle op eie stoom met hulle vryheidsbeplanning sou voortgaan.

Hulle het hul onvoorwaardelike steun aan Pres. Hartzenberg toegesê omdat hy van meet af onwrikbaar hou by sy onderneming aan die volk om nie aan die gewraakte verkiesing deel te neem nie. [Só oortuigend was die indruk wat die volk van hul “president Hartzenberg” gehad het… Min het hulle geweet dat juis hý die grootste bedrieër is! Die relatief onlangse berig in die Sondag-koerant Rapport (6 Februarie) het vele waarskynlik nie gelees nie… Dit het gelui: “Dr. Hartzenberg (het) mnr. Eugene Terre-Blanche probeer oorreed tot deelname aan die verkiesing op grond van ‘n ANC-SAKP belofte van ‘n volkstaatraad.” Ander sou met sekerheid reken: “Rapport lieg”, want hul “President” het dan nog ‘n maand gelede op 18 Februarie in Patriot verklaar dat: “deelname daaraan die Afrikanervolk se vryheid sou vernietig”… Ons wat vandag terugkyk op dié geskiedenis kan ons skaars indink dat Hartzenberg en andere daarin geslaag het om bykans die hele volk te bedrieg.]

President Hartzenberg het aan Patriot gesê dat alles moontlik in die stryd gewerp word om die eerste fase van die verwesenliking van ‘n Afrikaner-Boere Volksrepubliek voor 27 April in die praktyk te stel.”

Op die voorblad verskyn ‘n foto van genl. Viljoen waarop die NP-kenteken op sy voorkop aangebring is, met die veelseggende onderskrif: “Constand (Iskariot) Viljoen”.

Maar nee…

“President” Ferdi Hartzenberg gryp in deur ‘n verbod te plaas op die verspreiding van hiérdie uitgawe van Patriot van 18 Maart en laat die hele oplaag van die straat af terug roep en gee opdrag om dit te vernietig!

‘n Totaal ánder 18 Maart-uitgawe moet onverwyld laat druk en uitgegee word…

Die IDASA-plan kan nie bekostig dat die Afrikanervolk hulle nóú van die “generaals” los maak en op hul eie die vryheidstryd van die Afrikanervolk aanknoop nie.

Dr. Hartzenberg laat die ganse oplaag vernietig om te verhoed dat hierdie stemme wat oprys momentum kry.

So is immers deur alle koerante en TV-uitsendings gedoen… Elke stem wat opgaan en uitroep: “Verraad!” moes gesmoor word.

“President” Hartzenberg kon nie sy deelname aan die IDASA-komplot beter tentoonstel as deur die vernietiging van die 18 Maart Patriot-uitgawe nie!

25 Maart 1994

Saamtrek van Boerekrisisaksie (BKA) op Kerkplein Pretoria

Genl. Viljoen, as die BKA se militêre leier, neem saam met dr. Ferdi Hartzenberg as burgerlike leier van die BKA die ere-saluut van ‘n BKA-opmars na Kerkplein, Pretoria.

Só goed is sy aandeel in die Bophuthatswana-fiasko verdoesel dat Viljoen en Hartzenberg steeds die vertroue van die BKA tot ‘n groot mate geniet.

Dít nadat genl. Viljoen op 29 Januarie deur die volk as verraaier uitgeskel is én drie weke nadat hy die Vryheidsfront gaan stig en intussen finaal gaan registreer het om aan die einste gewraakte verkiesing van 27 April, wat die BKA met geweld moet omverwerp, te gaan deelneem?

Maar steeds het Viljoen en Hartzenberg daarin geslaag om die volk te laat glo dat drastiese optrede binnekort sou volg om die magsoordrag aan Kommuniste te keer.

Hiérvoor was die BKA tot die tande toe gewapen en gereed en het geduldig op die “bevel” van die Generaal, soos beloof en ooreengekom op 15 Januarie te Winburg, gewag…

“Operasie Jakkals”, naamlik “om te verhoed dat die verkiesing van 27 April plaasvind”, sou immers vanaf 18 April in werking gestel word…

Ook die AWB is, soos blyk uit hul blad Sweepslag, deur dr. Ferdie Hartzenberg onder die indruk gehou dat daar tot geweld oorgegaan sou word.

Helaas was genl. Viljoen en dr. Hartzenberg hul vertroue onwaardig!

Hul ere-houding agter op die bakkie, terwyl hulle die BKA-saluut neem ter wille van die skyn van gewapende verset, was om dit sagkens te stel:

Bedrogvol, verraderlik en geveins!

Maar onder beskerming van die onderdrukking van die ware feite, ook deur die liberale media, moes die volk steeds om die bos gelei word om hulle ten volle te vertrou vir die behoud van ons land.

18 April 1994

Die beplanning van “Operasie Jakkals”, waarvolgens vanaf 18 April verskeie drastiese aksies geloods sou word “om te verhoed dat die April-verkiesing plaasvind”, was in werklikheid net vir die skyn.

Selfs tot hiertoe is die indruk gewek dat daadwerklike optrede nou uiteindelik sou volg.

Die aksies wat “beplan” was sou insluit: “skietaanvalle op buitelandse waarnemers, vernietiging van elektriese transformators en stemlokale, plant van bomme en strooi van spykers op paaie”.

Niks hiervan is deurgevoer nie, behalwe deur sommige wie uiteindelik deur genls. Viljoen en Groenewald verraai sou word…

Die ganse bevelstruktuur van die Boerekrisisaksie was met verraaiers besmet - niemand het geweet wie om te vertrou nie.

Die Verdedigings- of Veiligheidskomitee van die BKA was Dries Bruwer, kol. Piet Uys en mnr. Herman Vercuiel… Laasgenoemde was by Winburg 15 Januarie saam met Constand Viljoen en Ferdi Hartzenberg op die verhoog toe die Boere bedrieg is…

Ander sleutelfigure in die BKA se organisasiestruktuur wat Transvaal deurkruis en vergaderings toegespreek het om planne te propageer was Leonard Venter, Elardus de Beer en Fanie Erasmus…

Waarom sou hulle niks doen om die Boere te laat verstaan dat alles net ‘n slenter was nie?

Die deurslaggewende was dus: Waar onderlinge vertroue in só situasie ontbreek is dit beter om niks te probeer nie.

Om enigiets op eie houtjie te waag kon vir enige BKA-lid noodlottig wees, soos die volgende berig in Africa Confidential van 3 Junie 1994, ‘n mondstuk van die Britse Intelligensiediens (Mi6), onteenseglik aantoon:

“Significantly, the Freedom Front’s Gen. Constand Viljoen and General Tienie Groenewald, a former intelligence chief have become allies of the new government and are feeding intelligence on the far right to the ‘reconstructed’ DMI [Departement Militêre Inligting].

Africa Confidential has learned it was Gen. Viljoen who passed key intelligence to DMI which led to the arrest of the first two of 33 far right-wingers, including key officials of the Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), in connection with a series of bomb blasts before the election.”

Bogenoemde aanhaling toon onteenseglik aan wie se kant die “regse” generaals, Viljoen en Groenewald, werklik was!